Dennis Noa verskyn op klag van verkragting

Dennis Noa se saak van verkragting is tot 19 April uitgestel. Noa, ‘n leerling dokter word daarvan verdink dat hy ‘n manlike pasiënt, met breinbeserings, in die Katutura Staatshospitaal verkrag het. Noa is die seun van die Direkteur-Generaal van die Teenkorrupsie Kommissie Paulus Noa. Sy tweeling broer Donbaldt is verlede jaar Desember dood in die girokopter ongeluk oos van die hoofstad. Die Ministerie van Gesondheid het vroeër die saak bevestig. Daar is volgens berigte DNS op die pasiënt, wat na bewering deur Noa uitgeboek is uit die saal waar hy behandel was. Die pasiënt het in ‘n motorongeluk Maart die beserings opgedoen. Noa is in aanhouding op Seeis.