Denel-ontploffing word steeds ondersoek

Ondersoeke duur voort na die brand verlede week by die magasyn van die wapenvervaardiger Denel se Rheinmetall-munisie-aanleg by Somerset-Wes in die buurland. Die bestuurshoof van die aanleg, Jan-Patrick Helmsen, sê die polisie en die Departement van Arbeid het die perseel besoek, maar geen bevindings is tot dusver gemaak nie. Helmsen sê hoewel hulle nie weet wat die ontploffing veroorsaak het nie, kan hulle inwoners verseker dat hulle uiters streng Suid-Afrikaanse veiligheidsregulasies handhaaf.