Demokrasie word internasionaal vandag herdenk

Die Internasionale Dag van Demokrasie word jaarliks op 15 September gevier, soos aangeneem deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in 2007. Die betekenis van hierdie dag is om die waardes wat demokrasie handhaaf te eerbiedig en die aandag te vestig op hoe belangrik dat lande demokrasie  handhaaf. Kosmos 94.1 Nuus het met Zoe Titus, die direkteur van die Namibia Media Trust gepraat oor demokrasie in Namibië en die belangrikheid van media in die verband.