IPC sê ander partye hou ontwikkeling in die Noorde terug

Die noordelike woordvoerder van die Independent Patriots for Change-party Eino Heelu het skerp kritiek gelewer teenoor raadslede van ander partye sê hulle moet die skuld kry vir ‘n gebrek aan tasbare ontwikkeling in die vier noordelike streke. Hy sê hul pogings om die broodnodige verandering teweeg te bring in verskeie rade wat hulle regoor die land as minderhede dien, word deur mederaadslede onmoontlik gemaak.