Barmhartige Samaritane spring in tydens Covid-pandemie

Tydens die dodelike Covid 19-pandemie is die wêreld en veral Namibië steeds vol barmharitge Samaritane. Die leraar van die NG Kerk op Gobabis, ds. Peet van Zyl het besef dat dit noodsaaklik is om in te tree en te help toe hy siekes by ‘n plaaslike hospitaal besoek het. Hy het daarna gedink om sy woonstel agter sy huis in ‘n versorgingsfasiliteit vir siekes te omskep. Ds. Van Zyl het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sy plek binne die volgende dag vol mense in nood was.

Van Zyl sê hy hulp is van die gemeenskap en ander kerkleiers gekry wat ingespring het om te help.