Delta-plus woeker in VSA, Brittanje

Covid-19 gevalle in die Verenigde Koninkryk neem skerp toe met net meer as 49 000 nuwe gevalle in die afgelope 24-uur. Internasionale nuusagentskappe berig dat die land ver voor sy Europese bure is met nuwe gevalle. Daar is kommer in die land, sowel as die VSA oor die sogenaamde Delta-plus variant wat eerste in die noorde van Indië vroeër die jaar bevestig is. Die variasie op die virus, K-417-N, kom in beide Delta en Beta voor wat albei meer aansteeklik maak. Die kommissaris van die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie Scott Gottlieb het ‘n beroep vir dringende navorsing op die variant gedoen. Namibië en Suid-Afrika is pas van die Britse rooilys verwyder en reis is oop tussen die twee lande.