Biden, Bush, Obama bring hulde aan Powell

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het hulde gebring aan die voormalige minister van buitelandse sake, Colin Powell, en gesê hy het die hoogste ideale van ‘n kryger en diplomaat beliggaam. Die 84-jarige het Maandag weens Covid-19-komplikasies gesterf. Powell was in 2001 die eerste Afro-Amerikaanse minister onder die Republikeinse president, George W Bush. Die voormalige president Barack Obama, het gesê hy was ‘n briljante soldaat en patriot, terwyl Bush hom as ‘n uitstekende staatsdiensamptenaar, asook ‘n gesinsman en ‘n vriend beskryf het.