Perez jaag 200ste die naweek

Sergio Perez van die Red Bull Formule Een-span hoop om die naweek ‘n plek op die podium te kry wanneer hy in sy 200ste F1-wedren by die Oostenrykse Grand Prix jaag. Die Meksikaan het in die verlede al vir Sauber, McLaren en Force India/Racing Point gejaag. Nadat hy verlede naweek op dieselfde baan die knie teen Valtteri Bottas van Mercedes moes buig, hoop Perez nou vir ‘n ander uitslag. Hy sê sy 200ste wedren in die sport is ‘n baie spesiale oomblik.