Delhra: Toeriste moenie te naby aan wilde diere kom

Dit is al dikwels berig dat toeriste te naby aan wilde diere kom en paniek onder die diere veroorsaak. Ná ‘n plasing op sosiale media van Twyfelfontein Country Lodge wat wys hoe ‘n olifantkoei haar kalfie wat kort na geboorte dood is, saam met haar dra, word die blaam weer voor die deur van toeriste gelê. Toeriste het glo met hul voertuig te naby aan die olifantkoei en kalf gekom wat kon veroorsaak het dat die kalf nie aan die koei kon drink of genoeg kon rus nie. Izak Smit van die Desert Lions Human Wildlife Relations Aid, bekend as  Dehlra, sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat gedoen kan word om toeriste daarvan bewus te maak om nie te naby aan wilde diere te kom nie.