VN se Voedsel- en Landou-organisasie sluit ooreenkoms met Oekraïne

Die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie het ‘n ooreenkoms met die regering van Oekraïne gesluit. Hy gaan ‘n projekkantoor skep wat die verskaffing van tegniese en humanitêre hulp aan die kwesbaarste gemeenskappe, veral in plattelandse gebiede, uitbrei. Die VN het sy bedrywighede daar opgeskerp sedert die oorlog in Oekraïne in Februarie uitgebreek het. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Laurent Thomas, sê hulle steun landbouproduksie en voedselstelsels met die doel om voedselsekuriteit van kwesbare huishoudings te beskerm.