Deeper Fellowship Church hou môre ‘n uitreik by Zoopark

Die Deeper Fellowship Church of Namibia sal môre ‘n uitreik by die Zoopark in die hoofstad hou. Paramedici sal teenwoordig wees om basiese mediese toetse te doen met skenkings van komberse, klere en kospakkies wat uitgedeel sal word in samewerking met die regering se voedselbank. Pastoor Clive Willemse van die kerk nooi die publiek uit om deel te neem…