Alweendo wil Namcor speen van alle heffings wat hy ontvang

Die Namibiese regering beplan om die brandstofheffing wat Namcor ontvang, te kanselleer. Plaaslike media berig dat die minister van myne en energie Tom Alweendo sê dat gesprekke aan die gang is om die heffing te staak, omdat Namcor ‘n kommersiële entiteit is en hy genereeer inkomste. Namcor het 7,6 sent ontvang vir elke liter brandstof wat in die land verkoop is, maar die syfer is tot 3,8 sent verlaag ingevolge die regering se verligtingsmaatreëls. Die maatreëls het ook daartoe gelei dat die Padfondsadministrasie se heffing van 148 sent tot 74 sent verlaag is, terwyl die Motorvoertuig Ongelukkefonds s’n tot 37,7 sent van 47,7 sent gesny is. Alweendo sê die twee laasgenoemde heffings is nodig omdat die twee kritieke maatskappye nie fondse genereer nie maar, belangrike dienste lewer.