Meeste mense in Hardap ingeënt, minste in Zambezi

Volgens statistieke van die Namibiese gesondheidsministerie is die Hardap-streek bo-aan die lys van ingeënte mense, en die Zambezi-streek onderaan. Dertig persent van Hardap-inwoners is al ingeënt met slegs vyf persent inwoners van die Zambezi-streek wat hul inentings ontvang het. Die Kavango-Oos-streek is tweede laaste op die lys met slegs 5,7 persent wat ingeënt is.