Dada Morera van ANC nuwe burgemeester van Jozi

Dada Morera van die ANC is verkies tot nuwe burgemeester van Johannesburg se koalisie-regering. Dit volg op die verwydering van Mpho Phalatse van die DA deur ‘n mosie van wantroue. Sy het vroeër ‘n dringende hofaansoek ingedien vir ‘n interdik om die raad te verhoed om die mosie te debatteer, maar die hooggeregshof in Johannesburg het dit met koste van die rol geskrap. Morero het in sy aanvaardingstoespraak gesê dienslewering is van die uiterste belang en ‘n fokuspunt vir die stad.