NY-goewerneur sê jammer vir Israel-kommentaar

Die goewerneur van New York, Kathy Hochul, het om verskoning gevra vir opmerkings wat sy gemaak het by ‘n Joodse filantropie-geleentheid in New York wat wyd op sosiale media versprei is en wat voorgestel het dat Israel geregverdiging was om Gaza aan te val. Sy het gesê dis ‘n natuurlike reaksie en dat dit is Israel se reg is om homself te verdedig. In ‘n verklaring het sy gesê sy is spyt dat sy ‘n onvanpaste analogie gebruik het wat skadelik vir lede van ons gemeenskap kan wees.