DBV sê oor rob-oes wat op 1 Julie begin

Die Dierebeskermings-vereniging van Namibië het sy standpunt gegee oor die kabinetsbesluit oor rob-oeste vir 2023. Die kabinet het die ministerie van visserye se versoek vir die totale toelaatbare oes van Kaapse pelsrobbe vir die seisoen vanaf 1 Julie tot 15 November vanjaar goedgekeur. Die kabinet het die kwota vir 80 000 welpies en 6 000 bulle vir die 2023-oesseisoen goedgekeur. Die DBV sê hulle is nie gekant teen die volhoubare benutting van lewende natuurlike hulpbronne soos uiteengesit in die Grondwet nie, op voorwaarde dat dit gedoen word sonder wreedheid teenoor die betrokke diere. Die DBV se nasionale direkteur Hanna Rhodin het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik…