Polisie help soek na vermiste Springbok

Rugby: Die Bulle het bevestig die Springbok-vleuel Sbu Nkosi word die afgelope drie weke vermis. Na verskeie pogings, insluitend telefoonoproepe, teksboodskappe, oproepe na Nkosi se familie, sy vriendin en goeie vriende, asook vier huisbesoeke, het die maatskappy besluit om ‘n saak van ‘n vermiste persoon te open. Die saak is by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria aangegee en daarna na die Sunnyside-polisiekantoor oorgeplaas. Die uitvoerende hoof van die Bulls, Edgar Rathbone, sê daar is toenemende vrees vir die 26-jarige se veiligheid.