DBN implementeer Besigheidsreddingsprogram

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het die goedkeuring en implementering van ‘n Besigheids-reddingsprogram aangekondig vir kwalifiserende besighede wat deur die bank gefinansier word as ‘n moontlike alternatief vir likwidasie. Die uitvoerende Martin Inkumbi sê die bank wil besighede probeer red, help om werksgeleenthede skep en bydra tot voortgesette ekonomiese groei. Inkumbi gesels met Kosmos 94.1 Nuus.