Lede van opposisiepartye stap in protes uit NV

Lede van die opposisiepartye het vanmiddag uit die Nasionale Vergadering gestap nadat Veikko Nekundi, adjunkminister van werke en vervoer, die term “skynheiliges” teen hulle gebruik het. Nekundi het in sy motivering vir die middeltermyn-begroting aangevoer dat die regering die meerderheid van sy fondse gebruik om verskeie vorige onregte aan te spreek, insluitend grondhervorming, wat deur die koloniale regering teweeg gebring is. Hy sê enigiemand wat teen die voorgestelde middeltermynbegroting is, is ook anti-Namibië. Dit het alle parlementslede van die opposisieparty genoop om uit te stap in protes. Die speaker van die NV, Peter Katjavivi, het die sitting verdaag omdat daar geen kworum was nie.