Datum vir middeltermyn begroting volgende week bekend

Die Namibiese ministerie van finansies is besig met die finalisering van die middeltermyn begroting. Die minister konsulteer normaalweg met alle rolspelers voor die begroting gefinaliseer word. Die ministerie se woordvoerder Tonateni Shidhudhu het bevestig dat die datum teen volgende week bekend sal wees.