Data toon Cumbre Vieja kan tot 84 dae uitbars

Dit is reeds meer as ‘n maand wat die uitbarsting van die Cumbre Vieja-vulkaan op die eiland van La Palma voortduur. Kenners meen dat daar geen manier is om te bepaal hoe lank dit nog sal duur nie maar die beskikbare data toon dat uitbarstings in die gebied enigiets van 24 tot 84 dae kan duur. Amper 800 hektaar se lawa is reeds uitgestoot en 2 000 geboue is verwoes. ‘n Deel van die vulkaan se krater het vroeër ook ineengestort en nog ‘n lawa-rivier gevorm. Die eiland benut op die oomblik die vulkaan om toeriste na die eiland te lok.