Beitbrug-vertragings moet aangespreek word

Die DA in Suid-Afrika doen ‘n beroep op die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, om dringend met sy Zimbabwiese ampsgenoot te vergader oor die opeenhoping by die Beitbrug-grenspos. Die party sê ook die parlementêre portefeuljekomitee vir Binnelandse Sake moet dringend ‘n oorsigbesoek bring aan dié grenspos in Limpopo. Volgens die DA parlementslid, Angel Khanyile, is vragmotorbestuurders dae lank gestrand voordat hulle Suid-Afrika of Zimbabwe mag binnegaan. Die woordvoerder van Limpopo se Vervoerdepartement, Mike Maringa, het bevestig toue is steeds lank en verkeer vloei baie stadig.