Danie Jordaan weer vandag in die Okh-hof

Daar word verwag dat die bekende dokter, Danie Jordaan vandag weer in die Okahandja-landdroshof sal verskyn na sy arrestasie op 21 Januarie vanjaar. Hy is in hegtenis geneem op sy plaas naby Okahandja na ‘n gesamentlike ondersoek deur Nampol en die omgewingsministerie. Na wat berig word, word Jordaan daarvan beskuldig dat hy onwettig jag, en wilde diere aanhou en vervoer sonder die nodige permitte. Ses jagluiperds en twee bobbejane is by die saak betrokke. Jordaan is borg van 100 000 Namibiese dollar op 27 Januarie toegestaan.