Dani Booysen lê die tuig neer as Republikein-redakteur

Ná 20 jaar as joernalis en meer as nege jaar in die redakteurstoel van Republikein, neem Namibia Media Holdings vandag van Dani Booysen afskeid. Hy sal egter steeds by opleiding in die media-maatskappy betrokke wees. Booysen deel sy reis en gunsteling-herinneringe by Namibië se Afrikaanse dagblad met Kosmos 94.1 Nuus.