Damvlakke in die Ooste vertoon redelik swak

Die sentrale damme is tans 72,5 persent vol. Volgens die jongste dambulletin van NamWater is die stelsel om water vanaf Swakoppoort na Von Bach oor te pomp steeds nie herstel nie. Swakoppoort is 88,9 persent vol met Von Bach op 50,6 persent. In die Suide het die groenskema 1,14 miljoen kubieke meter water in die afgelope week uit Hardapdam gepomp en die dam is tans op 66,6 persent. Daar het 1,8 miljoen kubieke meter uit Neckartal verdamp met die dam tans op 98,1 persent van kapasiteit. Nautedam is 95,8 persent vol en Oanob staan op 78,6 persent. In die Ooste lyk die prentjie effe swakker. Otjivero is tans op 35,5 persent van kapasiteit en in totaal het die Ooste bronne van 21,8 persent.