Blinde Krieket-kampioenskap verwelkom 200 deelnemers

Krieket: Twee-honderd deelnemers uit alle dele van Suid-Afrika neem van 26 April tot 1 Mei in Noordwes deel aan die Blinde Krieket-kampioenskap. Die nasionale byeenkoms word gespeel op die Witrand-krieketveld, dié van Potchefstroom Boys High, en die JB Marks-ovaal. Nege provinsiale spanne speel T20-wedstryde, met die halfeind- en eindstryde op JB Marks. Die kampioenskap verseker gelyke geleenthede vir gesiggestremdes.