Damian dalk nie beskikbaar vir Saterdag nie

Die Springbok-losskakel, Damian Willemse, gaan dalk nie beskikbaar wees om gekies te word vir Saterdag se belangrike Kampioenskapswedstryd teen Argentinië in Durban nie. Die 24-jarige speler het Saterdag die veld in die 64ste minuut van die wedstryd teen die Pumas in Buenos Aires verlaat, nadat hy tydens ‘n duikslag vermoedelik harsingskudding opgedoen het. Die Bokke het die wedstryd met 36-20 gewen. Indien Willemse nie beskikbaar is nie, is die veteraan Frans Steyn die enigste speler in die huidige nasionale groep met goeie ervaring as losskakel.