Bloom sê Ramaphosa-familie trek voordeel uit hospitaal kontrakte

Die DA in Gauteng sê ondernemings wat bande het met ‘n aangetroude familielid van President Cyril Ramaphosa, Hangwani Maumela, het die afgelope drie jaar kontrakte vanaf provinsiale openbare hospitale ter waarde van 381 miljoen Suid-Afrikaanse rand gekry. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het dit onthul in ‘n skriftelike antwoord op vrae van die DA in die provinsiale wetgewer. Die DA-lid, Jack Bloom, sê hy het vrae gevra oor kontrakte wat toegeken is aan 12 ondernemings wat verlede jaar 36 miljoen rand vanaf die Tembisa-hospitaal gekry het: