Dakar-tydren skop môre af in Saoedi-Arabië

Motorsport: Die organiseerders van die 2023 Dakar-tydren belowe dat vanjaar se tydren – die vierde een in Saoedi-Arabië – die uitdagendste ooit gaan wees met talle sandduin-renne. Die tydren skop môre met ‘n inleidende ren af, gevolg deur 14 skofte. Sowat 865 deelnemers met 455 voertuie word by die wegspringplek langs die Rooi See verwag vir die 8 549 kilometer wat hulle moet aflê. Die 45ste aanbieding van die Dakar-tydren eindig op 15 Januarie, aan die koninkryk se ooskus. ‘n Aantal Suid-Afrikaners neem weer aan die tydren deel en sal hopelik hul goeie vertoning in die verlede voortsit.