Missiele tref Oekraïnse stede

Inwoners van die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, is terug skuilings toe terwyl sirenes oor die stad geloei het, ‘n dag nadat Rusland die grootste lugaanval sedert die begin van die oorlog in Februarie uitgevoer het. Die stad se regering het vroeg vanoggend die waarskuwing uitgereik. Die goewerneur van die Kiёf-streek, Olekskiy Kuleba, sê ‘n hommeltuig-aanvalle is aan die gang. Die Oekraïne se weermag het bevestig 16 Irans-vervaardigde Shahed-hommeltuie het genader en is vernietig. Die burgemeester van Kiëf, Vitali Klitschko, sê sewe was op die stad gerig en ‘n administrasiegebou is gedeeltelik in puin gelê.