Dagga-konsultasies duur voort

Konsultasies oor die wettiging van dagga in Namibië duur steeds voort. Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het laat verlede jaar die publiek se insette in die verband aangevra en net meer as 70 voorleggings is ontvang. Johannes Gaeseb, die Registrateur van die Namibiese Medisyne Reguleringsraad het die jongste oor die proses.