Daar’s nie muise nie, maar die sprinkane!

Berigte lui dat muise tans ‘n plaag in die Suide van die land is. Die Suid-Afrikaanse kenner van plae, dr. Gerhard Verdoorn, het onlangs ‘n paar ekologies-vriendelike oplossings in die verband aangebied. Die berigte volg op die sprinkaan-plaag wat op die oomblik groot uitdagings oplewer vir boere in die Suide. Kosmos 94.1 Nuus het met Dolf de Wet van plaas Michberg by Grünau gepraat en hy sê nie hy of sy bure het muise nie maar die sprinkane woed steeds.