China se toerismebedryf op sy knieë

Internasionale nuusagentskappe berig dat China se binnelandse toerismebedryf besig is om te ontrafel. Desperate provinsies het tariewe gesny en bied selfs belastingtoegewings aan. Duisende besighede, wat reis, verblyf en spyseniering insluit gaan op die oomblik gebuk onder die inperkings in verskeie groot stede in die land na ‘n rekord-uitbreking van die Omikron-variant in die land. Veral provinsies wat op toerisme steun vir groei soos Hainan en Yunnan, is veral seergemaak. Kenners meen die bedryf was nog nooit in so swak posisie as tans nie. Daar is reeds kommer oor China se groei en toerisme dra net meer as 11 persent aan die land se ekonomie by, en ondersteun 80 miljoen werksgeleenthede.