Daar’s nie keer aan Verstappen nie

Max Verstappen van Red Bull lyk hierdie seisoen onstuitbaar nadat hy sy voorsprong boaan die Formule Een-wêreldkampioenskap vergroot het met ‘n oortuigende oorwinning in die Belgiese Grand Prix. Die Nederlander het 14-de op die rooster weggespring, maar sy spanmaat Sergio Perez geklop, met Carlos Sainz van Ferrari in die derde plek. Die 24-jarige Verstappen het nou nege van hierdie seisoen se 14 wedrenne gewen en is 92 punte voor Perez, met nog agt wedrenne oor: