Gaspryse in EU moet beperk word

Daar word toenemend versoek dat ‘n beperking op gaspryse in die Europese Unie ingestel word en dat dit apart van die elektrisiteitprys bereken word. Dit volg nadat EU-lande onder groot energie-prysstygings deurloop sedert die hoof-gasverskaffer, Rusland, Oekraïne in Februarie ingeval het. Moskou het verlede jaar 40 persent van die EU se gas voorsien. Die Belgiese minister van energie, Tinne Van der Straeten, sê pryse in Europa moet dringend bevries word en sê die skakel tussen gas- en elektrisiteitspryse is kunsmatig en moet geskei word.