Daar’s min diesel so dis fase-vier vir SA

Eskom sê hy is gedwing om fase vier-beurtkrag in te stel, totdat die dieselvoorraad ten volle aangevul is. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dit is te wyte aan die vaartuig wat veronderstel is om diesel by Mosselbaai in die Wes-Kaap af te laai, wat weens rowwe see nie kan vasmeer nie. Hy sê Eskom moet dus die lae dieselvlakke by Gourikwa bewaar. Aflewering aan Ankerlig sal tyd neem aangesien die diesel deur padtenkwaens vervoer word: