Botswana laat vaar alle Covid-maatreëls, verligting vir vervoersektor

Die Namibiese vervoersektor is verheug dat reisigers na Botswana nie meer negatiewe Covid-toetse of bewyse van inenting by die land se grensposte hoef te toon nie. Die dra van maskers in die buurland is ook nie meer verpligtend nie. Volgens die land se gesondheidministerie is alle oorblywende Covid-maatreëls laat vaar. Die uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, Stefan Terblanche sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal die beweging van almal deur die grens na Botswana vergemaklik.