Duiker se skorsing behoort nie ‘n verrassing te wees nie

Die Namibiese sportminister Agnes Tjongarero sê dit behoort geen verrassing te wees dat die nasionale koördineerder van die Namibiese Skolesport Unie Solly Duiker met onmiddellike effek geskors het. Sy sê sy het mos belowe daar sal stappe geneem word. Dit kom na die chaos van die afgelope Cossasa-spele in Suid-Afrika. Berigte lui dat die spele die regering 1,4 miljoen dollar uit die sak gejaag het. Tjongarero het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.