Daar was net 5GW nodig om beurtkrag met amper 97% te verminder

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê indien Suid-Afrika verlede jaar ‘n bykomende 5 gigawatt hernubare energie aanlyn gehad het, kon beurtkrag met 96,5 persent verminder word. Dit is volgens navorsing deur Meridian Economics. Wenger sê die 5 gigawatt kon aanlyn gebring word deur die aanbod-vensters van die program om hernubare energie by onafhanklike verskaffers aan te koop: