Sistemiese, jarelange mishandeling in Amerikaanse vrouesokker

‘n Onafhanklike verslag het bevind dat emosionele mishandeling en seksuele wangedrag sistemies was op die hoogste vlakke van vrouesokker in Amerika. ‘n Ondersoek is verlede jaar begin nadat bewerings van seksuele wangedrag en teistering teen die Engelse hoofafrigter van Noord Carolina, Paul Riley, gemaak is. Hy is intussen afgedank. Volgens die verslag het die nasionale vroue-sokkerliga en die Amerikaanse sokkervereniging versuim om basiese maatreëls in te stel om spelers te beskerm of behoorlik op te tree teen spelers se verslae en bewyse van misbruik.