Daar sal gevolge wees as Estland se inwoners by Putin aansluit

Estland het inwoners gewaarsku oor ernstige gevolge as hulle by die Russiese president, Vladimir Putin, se weermag aansluit. Die Russiese leier het verlede week ‘n gedeeltelike mobilisering aangekondig wat kan meebring dat 300-duisend reserviste opgeroep word om in Oekraïne te veg. Sowat 20 000 Estlandse inwoners met Russiese burgerskap word geraak. Daar word berig die voormalige Estlandse hoof van intelligensie, Eerik-Niiles Kross, sê deelname aan ‘n misdaad teen vrede is ‘n strafregtelike oortreding ingevolge die land se wetgewing. Inwoners wat by die Russiese weermag aansluit, sal hul verblyfpermitte verloor en sal uit die Europese Unie verban word.