Daar sal genoeg sjokolade wees…

Kakao-boere in die Ivoorkus sê hoewel reënval nog nie te wense is nie, dra goeie grondvog by om die April-tot-September-middeloes te versterk. Boere landwyd sê daar is geen gevaar vir kakaobome wat genoeg vrugte oplewer nie, alhoewel meer reën nodig sal wees om die kwaliteit van bone te verbeter. Maar voorspellings lyk uiters positief vir ‘n goeie reënseisoen en dus hoef liefhebbers van sjokolade geen kommer te hê nie.