SA se ekonomie is te swak om aanhoudende korrupsie te weerstaan

Die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, sê ‘n sterk politieke wil is nodig om die stryd teen korrupsie te wen. Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Shamila Batohi, sê korrupsiesake sal in die volgende ses maande voorkeur geniet. Mavuso sê President Cyril Ramaphosa moet van die kabinet af tot die by die 230 munisipaliteite wat nie skoon oudits van die ouditeur-generaal kon kry nie, ontslae raak van diegene wat hulself aan korrupsie skuldig gemaak het. Sy sê verder die ekonomie is te swak om die volgehoue aanslae op sy hulpbronne weens korrupsie te weerstaan.