Wisselvallige reën verlig malaria-risiko

Malaria bly ‘n uitdaging veral in die Noorde en veral nou na goeie reën ontvang is. Die voormalige gesondheidsminister en stigter van die VN se Elimin8 Malaria-veldtog, dr. Richard Kamwi, sê baie van die gebiede wat tradisioneel malaria-gebiede is, het laat reën, of baie min reën ontvang.