Daar is uitdagings met Nationhood-projek

Die implementering van die tweede fase van die Nationhood and National Pride-strategiese raamwerk is ‘n groot uitdaging vir die inligtingsministerie. Die minister, Peya Mushelenga sê nie net is daar tekorte aan befondsing nie maar, die benadering vir implementering is ook moeilik. Mushelenga sê dit uitdagend om te verseker dat streke en kantore, ministeries en agentskappe eienaarskap van die inisiatief neem op ‘n wyse wat die geskikste en volhoubaarste is, gegewe verskeie sosio-ekonomiese toestande, en geografiese en politieke dinamika regoor die land. Die program poog om ‘n nasionale identiteit vir die land te bou.