Nog 8 vas vir Eskom-bedrog

Die Suid-Afrikaanse Ondersoekdirektoraat het bevestig agt mense is in hegtenis geneem op aanklagte wat voortspruit uit beweerde onreëlmatige kontrakte wat vir die bou van Eskom se Kusile-kragstasie in Mpumalanga toegestaan is. Die kontrakte word op meer as 2 miljard Suid-Afrikaanse rand waardeer. Die woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die beskuldigdes is vanoggend aangekeer: