Omusati se water-uitdagings steeds nie opgelos nie

Die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amadhila is tans op streeksbesoek, as deel van haar veldtog om as vise-president van Swapo verkies te word. Sy is in die Omusati-streek waar daar reeds ‘n geruime tyd uitdagings is met watervoorsiening as gevolg van die rehabilitasie van die kanaal van Calueque-dam na Oshakati. Sy sê sy is bewus van die probleem en sê NamWater spreek dit ook aan maar dit is nog nie opgelos nie.