Daar is nie ‘n permanente reispermit nie – dis ‘n slenter

Die Namibiese ministerie van inligting het lede van die publiek gewaarsku dat bedrieërs bedrywig is met reispermitte tydens die inperking van die streke. Volgens ‘n verklaring is daar ‘n nuwe slenter wat kwansuis ‘n permanente reispermit verskaf, teen betaling. Die ministerie het nie gesê waarvoor die permitte verkoop word nie maar het weer beklemtoon dat daar geen permanente reispermit beskikbaar is nie en dat permitte gratis verskaf word. Daar word ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om persone wat die dokumente verkoop aan te kla by die Namibiese polisie of die Teenkorrupsie-kommissie.