Dodetal in Pakistanse bootramp styg tot 50

Pakistanse amptenare het bevestig die dodetal ná Maandag se bootongeluk het tot meer as 50 gestyg. Die oorvol vaartuig het meer as 100 passasiers, wat deel van ‘n trougeselskap was, vervoer toe dit op die stormagtige Indusrivier in die sentrale Punjab-provinsie omgeslaan het. Owerhede sê die liggame wat gevind is, is meestal dié van vroue en kinders, terwyl die meeste van die oorlewendes mans is wat uitgeswem het. Nog mense word steeds vermis en is vermoedelik dood.