Groente word nou ook ingesmokkel in die Noorde

Daar is nie net uitdagings met onwettige handel in brandstof en veediefstal op die land se noordelike grense nie, Amta sê vrugte en groente word ook in grootmaat onwettig uit Zambië die land ingebring. Volgens die jongste berigte word tamaties, aartappels, boontjies, uie, avokado’s en selfs papajas ingesmokkel wat skade berokken aan boere wat probeer oorleef. Die woordvoerder van Nampol in Zambezi, inspekteur Kisco Satali, sê hulle merk al hoe meer groente op, wat ook patats en grondbone in sluit, wat op die swartmark verkoop word.